PROVIAND

… nuwe restaurant & tuisnywerheid nou oop in Griekwastad!!!!

Die statige ou dame, ’n Nasionale Monument, wat in 1888 opgerig is, is pas gerestoureer. Die gebou het oor die jare as woning vir onderskeie Magistrate gedien.

Nou bied Proviand aan al die besoekers aan Griekwastad, maar veral vir reisigers op die N8 tussen Kimberley en Upington of andersom (450km), die geleentheid om ’n wyle te vertoef en rustig te kuier in ’n nuwe OU WÊRELDSE restaurant

Ons strewe om alles natuurlik en groen te doen.
Vrugte en Groente organies te verbou op ons eie plase, eiers en vleis van vrylopende diere, tuisgebakte brood, vars gemaalde koffiebone - alles om u die heilsaamheid van die platteland te laat beleef!

Adres: Hoofstraat, Griekwastad

Telefoon: 082 876 4956

...ligpunt in die Hoofstraat van Griekwastad

IMG-20140815-WA000.jpg

Onlangs het die bekende skrywer Dana Snyman Griekwastad besoek. Hy het in Griqua Guesthouse tuisgegaan en die reeds bekende Proviand Restaurant besoek. Hy kon nie uitgepraat raak oor die gasvryheid pragtige restourasie van die 1880 ou landros-woning wat Pproviand Restaurant huisves nie. "Dit is voorwaar n ligpunt in die Hoofstraat van Griekwastad" was sy woorde.

Op die foto verskyn Dana Snyman saam met Rina Liebenberg,Bestuurder van Proviand Restaurant en Griqua Guesthouse.